Jou portaal tot besigheid in ​Botswana

Wie is ons?

BotswanaConnect is ‘n Botswana geregistreerde maatskappy en is deel van die Swiss Africa Group. Ons doel is om persone wat van voorneme is om die sterk ekonomie en stabiele mark van Botswana te betree, met raad en daad by te staan, met ondervinding wat ons oor die laaste twintig jaar in Botswana opgedoen het.

BotswanaConnect is jou alles-in-een toegangspoort na die wêreld van Botswana. Ons bestaan ​​uit 'n span van 3, hardwerkende en passievolle individue wat u in elke aspek sal ondersteun in die reis na en penetrasie in Botswana.

Ons missie en visie is eenvoudig. Ons streef daarna om 'n betroubare voertuig te word waarmee enige individu hul reis na die Republiek van Botswana, deur middel van ons eie vaardighede en kennis en dié van ons wydverspreide kontakte in Botswana kan onderneem. Die bou van 'n sterk verhouding met ons kliënte is vir ons van groot belang sowel as die positiewe uitkoms van elke transaksie. Dit is dus ons visie in alle situasies wat op ons aandag wag.


Koop van grond in Botswana

Slegs 'n baie klein gedeelte van Botswana is Vrypag-grond, die res is meestal Stamgrond (“Tribal Land”).
Die Wet op Stamgrond (Tribal Land Act) is gewysig om voorsiening te maak daarvoor dat Ministeriële Goedkeuring nie meer deur buitelanders versoek hoef te word nie. Die magtiging is na die “Land Boards” afgewentel, wat die proses eintlik makliker maak in die sin dat daar nou spesifieke vereistes is, en dat die aansoek om goedkeuring nie meer net op 'n motivering berus nie.

Danie Goosen, is 'n prokureur (toegelaat in Botswana en Suid-Afrika) en het 'n uitgebreide kennis van die eiendomsreg in Botswana. Weereens, omdat Botswana meestal Stamgrond is, kan dit moeilik wees as 'n mens grond koop sonder behoorlike kennis van die reg. Hy is baie aktief in die opstel van Koop-Ooreenkomste en staan kliënte by op die verskillende vlakke van die verkryging van toestemming om grond in Botswana te besit.

'n Buitelander moes sedert 2020 hereregte van 30% betaal op 'n eiendomstransaksie, of die eiendom bloot direk aangekoop word, of aandele in 'n maatskappy gekoop word. Met ingang van 3 Mei 2023 is die 30% darem verminder tot 10% (waarde van eiendom tot P2 miljoen) en 15% (waarde van eiendom meer as P2 miljoen).

Swiss Africa Group sal u bystaan om die regte strukture op te rig, om wettig slegs 5% Hereregte te betaal.

Kliek gerus hier om na Swiss Africa se webtuiste te gaan

Ons Span

Danie Goosen

Direkteur
BComm LLB & Gevorderde Belastingsetifikaat

Dalene Goosen

Direkteur
BPharm (Pharmaciae) & Certificate in Real Estate Management
[Geregistreer as Real Estate Practictioner]

Caylin Goosen

Persoonlike Assistent

Ons Direkteure het baie jare se ondervinding in Botswana. Hierdie kragpaartjie is ook eienaars van Amatrix Developments en het in 2004 'n eiendom in Pilane, Botswana, aangekoop, waarop daar tans 'n suksesvolle winkelsentrum staan (sien: https://www.time.co.bw/index.php/commercial-projects/current-projects/pilane ). Die oorblywende deel van hierdie eiendom, van 6,5 hektaar, word tans ontwikkel in 'n kliniek-, diensstasie-, behuising- en kleinhandel-komponent.

Danie, een van ons direkteure, praktiseer sedert 1991 as prokureur in Suid-Afrika en is ook toegelaat en praktiseer as prokureur in Botswana.
Sy spesialis-gebied is eiendomstransaksies in Botswana.

BotswanaConnect se strewe

  • Staan die voornemende boer sakeman en belegger by om sy besigheid reg te begin en op die regte koers te hou
  • Delegeer gespesialiseerde dienste na ons paneel van deskundiges (Argitekte, Advokate, Prokureurs, Rekenmeesters, Ingenieurs, Landmeters & Omgewingskonsultante en ander professionele persone)
  • Ons werk nou saam met Swiss Africa Secretarial Company (Botswana) wat omsien na u maatskappy behoeftes
  • Ons werk nou saam met Swiss Africa Praesidium (Botswana) wat omsien na u Trust behoeftes

Hoekom Botswana?

  • Stabiele en veilige demokrasie 
  • Land van wet en orde 
  • Bo aan die wêreld se vinnigste groeiende ekonomieë sedert 1965 
  • Land met geen valuta beheer 
  • Gebruik die Botswana Trust vir boedelbeplanning 
  • ‘n Land met ‘n spesiale klas van Maatskappye met maatskappy belasting van slegs 15% per jaar 
  • Lid van die Suider Afrikaanse Doeane-unie (SACU) 
  • Lid van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) 
  • Land met ‘n goed ontwikkelde regstelsel gebaseer op die Gemenereg, wat handel en besigheid fasiliteer 
  • Lae belastingkoers 
  • Botswana is die minste korrupte land in Afrika en 34ste in die wêreld
  • Standard & Poor het Oktober 2017 aan Botswana ‘n beleggingsgradering gegee van A-, met ‘n stabiele vooruitsig terwyl Suid-Afrika slegs ‘n gradering van ‘n kommerwekkende BB gegee is
  • Botswana het voortdurend ‘n groot gedeelte van sy nasionale begroting op opvoeding en vaardigheidsontwikkeling spandeer
  • Die land beskik oor ‘n florerende binnelandse finansiële sektor, wat banke, versekeringsmaatskappye en ‘n groeiende aandelebeurs insluit
  • Botswana het vele internasionale konvensies onderteken en kom internasionale riglyne om geldwassery en finansiële boewery te voorkom.
  • Daar is 8 daaglikse vlugte in beide rigtings tussen Gaborone en Johannesburg – die belangrikste lugvaartnode op die vasteland en die reistyd is slegs 1 uur
  • Botswana het in ‘n wêreldklas multi-diens telekommunikasiestelsel belê, wat voorsiening maak vir dienste oor ‘n afstand
  • Botswana se polisiediens word die beste in Afrika geag
  • Geen BEE of soortgelyke wetgewing nie
    [Bron: Botswana International Financial Service Centre]