Jou portaal tot besigheid in Botswana

Wie is ons?

BotswanaConnect is ‘n Botswana geregistreerde maatskappy Ons doel is om persone wat van voorneme is om die sterk ekonomie en stabiele mark van Botswana te betree, met raad en daad by te staan, met ondervinding wat ons oor die laaste twintig jaar in Botswana opgedoen het.

BotswanaConnect is jou alles-in-een toegangspoort na die wêreld van Botswana. Ons bestaan ​​uit 'n span van 3, hardwerkende en passievolle individue wat u in elke aspek sal ondersteun in die reis na en penetrasie in Botswana.

Ons missie en visie is eenvoudig. Ons streef daarna om 'n betroubare voertuig te word waarmee enige individu hul reis na die Republiek van Botswana, deur middel van ons eie vaardighede en kennis en dié van ons wydverspreide kontakte in Botswana kan onderneem. Die bou van 'n sterk verhouding met ons kliënte is vir ons van groot belang sowel as die positiewe uitkoms van elke transaksie. Dit is dus ons visie in alle situasies wat op ons aandag wag.


Ons Span

Danie Goosen

Direkteur
BComm LLB & Gevorderde Belastingsetifikaat

Dalene Goosen

Direkteur
BPharm (Pharmaciae)

Megan Higgs

Ons regterhand
BComm Ondernemingsbestuur

Ons Direkteure het baie jare se ondervinding in Botswana. Hierdie kragpaartjie is ook eienaars van Amatrix Developments en het in 2004 'n eiendom in Pilane, Botswana, aangekoop, waarop daar tans 'n suksesvolle winkelsentrum staan (sien: https://www.time.co.bw/index.php/commercial-projects/current-projects/pilane ). Die oorblywende deel van hierdie eiendom, van 6,5 hektaar, word tans ontwikkel in 'n kliniek-, diensstasie-, behuising- en kleinhandel-komponent.

Danie, een van ons direkteure, gepraktiseer sedert 1991 as prokureur in Suid-Afrika. Alhoewel hy nie in Botswana geregistreer is nie, werk Danie in samewerking met 'n regsfirma in Gaborone, in Botswana.

Albei ons direkteure besoek Botswana gereeld en bied hulle kennis en teenwoordigheid tot hul kliënte se voordeel aan. 

BotswanaConnect se strewe

  • Staan die voornemende boer sakeman en belegger by om sy besigheid reg te begin en op die regte koers te hou
  • Delegeer gespesialiseerde dienste na ons paneel van deskundiges (Argitekte, Advokate, Prokureurs, Rekenmeesters, Ingenieurs, Landmeters & Omgewingskonsultante en ander professionele persone)
  • Ons werk nou saam met Swiss Africa Secretarial Company (Botswana) wat omsien na u maatskappy behoeftes
  • Ons werk nou saam met Swiss Africa Praesidium (Botswana) wat omsien na u Trust behoeftes

Ons Direkteure het baie jare se ondervinding in Botswana. Hierdie kragpaartjie is ook eienaars van Amatrix Developments en het in 2004 'n eiendom in Pilane, Botswana, aangekoop, waarop daar tans 'n suksesvolle winkelsentrum staan ​​( www.time.co.bw/index.php/commercial-projects/current-projects/pilane ). Die oorblywende deel van hierdie eiendom, van 6,5 hektaar, word tans ontwikkel in 'n kliniek-, diensstasie-, behuising- en kleinhandel-komponent. 

Danie, een van ons direkteure, gepraktiseer sedert 1991 as prokureur in Suid-Afrika. Alhoewel hy nie in Botswana geregistreer is nie, werk Danie in samewerking met 'n regsfirma in Gaborone, in Botswana. 

Albei ons direkteure besoek Botswana gereeld en bied hulle kennis en teenwoordigheid tot hul kliënte se voordeel aan.

Dienste

Die verkoop van erwe, plase, lodges en besighede in Botswana

Werk- en verblyf-permitte

Kontrakte

Belasting

Skuldinvordering

Sakegeleenthede

Maatskappy-registrasie

Voertuig (geregistreer in Botswana) Lisensiehernuwing

Trusts

Oor-grens transaksies en boedelbeplanning

Hoekom Botswana?

  • Stabiele en veilige demokrasie 
  • Land van wet en orde 
  • Bo aan die wêreld se vinnigste groeiende ekonomieë sedert 1965 
  • Land met geen valuta beheer 
  • Gebruik die Botswana Trust vir boedelbeplanning 
  • ‘n Land met ‘n spesiale klas van Maatskappye met maatskappy belasting van slegs 15% per jaar 
  • Lid van die Suider Afrikaanse Doeane-unie (SACU) 
  • Lid van die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) 
  • Land met ‘n goed ontwikkelde regstelsel gebaseer op die Gemenereg, wat handel en besigheid fasiliteer 
  • Lae belastingkoers 
  • Botswana is die minste korrupte land in Afrika en 34ste in die wêreld
  • Standard & Poor het Oktober 2017 aan Botswana ‘n beleggingsgradering gegee van A-, met ‘n stabiele vooruitsig terwyl Suid-Afrika slegs ‘n gradering van ‘n kommerwekkende BB gegee is
  • Botswana het voortdurend ‘n groot gedeelte van sy nasionale begroting op opvoeding en vaardigheidsontwikkeling spandeer
  • Die land beskik oor ‘n florerende binnelandse finansiële sektor, wat banke, versekeringsmaatskappye en ‘n groeiende aandelebeurs insluit
  • Botswana het vele internasionale konvensies onderteken en kom internasionale riglyne om geldwassery en finansiële boewery te voorkom.
  • Daar is 8 daaglikse vlugte in beide rigtings tussen Gaborone en Johannesburg – die belangrikste lugvaartnode op die vasteland en die reistyd is slegs 1 uur
  • Botswana het in ‘n wêreldklas multi-diens telekommunikasiestelsel belê, wat voorsiening maak vir dienste oor ‘n afstand
  • Botswana se polisiediens word die beste in Afrika geag
  • Geen BEE of soortgelyke wetgewing nie
    [Bron: Botswana International Financial Service Centre] 

Kontak Ons

Tel: +27 12 811 0609
Sel: +27 83 263 6310
Sel: +267 76233204
Faks: +27 86 500 2656
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Posadres:
P.O. Box AD123ADD
Kgale View
Botswana

P.O. Box 11337
Tiegerpoort, RSA
0056